Oktoberfest

Die feesterrein net voor die opening in 2006

Die Oktoberfest in die Beierse hoofstad München (Suid-Duitsland) is die grootste volksfees ter wêreld. Dit word sedert 1810 op die Theresienwiese, 'n voormalige weiveld in die weste van München, gehou en lok jaarliks meer as ses miljoen besoekers. Die plaaslike brouerye brou 'n spesiale bier, die sogenaamde Wiesn Märzen, met meer stamwort en 'n hoër alkoholgehalte (5,8% of meer) vir hierdie fees.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search